Meghan Markle ‘beledig’ Suid-Afrikaners

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners is woedend na Meghan Markle se eerste podsending op Archetypes waarin sy vir Serena Williams vertel hoe haar seun se kamer glo aan die brand geslaan het toe hulle in Suid-Afrika was.

Sy het vertel hoe hulle Archie by ‘n housing unit afgelaai het saam met sy oppasser en toe hulle van ‘n toespraak af kom, uitgevind het dat ‘n wanfunksionerende verwarmer glo ‘n brand in sy kamer veroorsaak het. Archie was gelukkig by sy oppasser.

Sy het voortgegaan om te sê dat hulle gedwing is om aan te gaan met die toer ten spyte van hulle skok.

Wat Suid-Afrikaners die kwaadste gemaak het, is toe sy ‘n herehuis (mansion) ‘n housing unit genoem het.

Hulle is ook kwaad omdat sy dit laat klink het of Suid-Afrika onveilig is en sê dat sy ‘n negatiewe beeld van Suid-Afrika skep.

Bronne: Bol News, 2 Oceans Vibe, International Business Times, Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meghan Markle vertel hoe Archie se slaapkamer aan die brand geslaan het in SA