Comrades-uitblinker in hospitaal ná sy inmekaarsak

Deel hierdie storie / Share this story

Charne Bosman is in Durban in die hospitaal opgeneem nadat sy na 65 km se hardloop in Sondag se Comrades in Pinetown inmekaargesak het.

Sy het in 2016 die Comrades in die vroue-afdeling gewen.

Bosman het aan Netwerk24 vertel dat dit die eerste keer in haar lewe is dat sy ‘n aand in die hospitaal slaap. Sy wag vir die uitslag van haar Covid-19-toets.

Bosman het glo Vrygmiddag begin sleg voel, maar gedink dis net spanning.

Die erge kopseer wat sy Vrydag en Saterdag gehad het, was beter voor sy weggespring het, maar haar bors het glo “styf” gevoel.

Bosman het glo tydens die wedloop gevoel asof sy hoog bo seevlak hardloop waar die suurstof dun en min is, maar het vasgebyt.

Teen die halfpadmerk het haar bene glo ook styf begin voel.

Nadat sy 40 sekondes stadiger begin hardloop het as tydens haar oefenkamp, het sy besef iets is verkeerd.

Deur Pinetown het haar bene net heeltemal ingee.

Bosman het al ses goue medaljes in die Comrades verower.