Eienaar van Mercedes in Diana-ongeluk soek voertuig terug

Deel hierdie storie / Share this story

Die eienaar van die Mercedes waarin prinses Diana verongeluk het, het gesê hy wil die kar terughê, want dis “wetttiglik syne”.

Jean-Francois Musa, die eienaar van Etoile Limousines, het gesê hy is nie eens ingelig oor waar sy Mercedes nou gehou word nie. Musa wil glo die motor in ‘n museum laat staan om Diana te eer, maar die koninklike familie wil hê dit moet stilletjies vernietig word. Die motor kan tot £10 m. werd wees.

Dit is 25 jaar vandat prinses Diana, haar kêrel Dodi Fayed en die bestuurder, Henri Paul, in ‘n motorongeluk in Parys omgekom het. Die ondersoek het bevind dat Paul dronk was terwyl hy ook anti-depressante geneem het en hy het beheer van die voertuig verloor toe hy gejaag het.

Sommige mense, insluitend Fayed se pa en Paul se pa, het geglo dat die ongeluk ‘n moord was, maar alle ondersoeke het op ‘n ongeluk gedui.

Dele van die Mercedes is in 1999 in ‘n brand vernietig, wat weggesteek is deur die Franse polisie. Die voorste deur, wat gewys het dat ‘n wit Fiat Uno in hulle vasgery het, is in die brand vernietig, maar die polisie het gesê die brand was nie opsetlik nie.

Bronne: Hull Daily Mail, Irish Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Twee Air France vlieëniers geskors oor baklei in middel van vlug