Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het Vrydag in die Staatskoerant regulasies afgekondig waaraan wors in Suid-Afrika moet voldoen om “boerewors” te kan wees.
Suid-Afrikaanse boerewors moet nou ‘n totale vleisinhoud van 90% en ‘n vetinhoud van nie meer as 30% nie, bevat.
Wat nie toegelaat word nie, is sogenaamde “vleis” wat “pulpmateriaal” genoem word. Dit word verkry deur vleis meganies van bene te verwyder. Enige kleurmiddels is ook nie meer toelaatbaar nie.
Die regulasies bepaal die enigste bestanddele wat buiten vleis toegelaat word, is graan of stysel, asyn, speserye, kruie, sout, voedselbymiddels en water.
Die verskil tussen boerewors en braaiwors word ook beskryf.
Braaiwors verskil van boerewors, deurdat dit toegelaat word om eetbare afval, meganies verwyderde vleis, kleurmiddels, proteïen van groente en ander “middele” te bevat. ‘n Minimum van 60% vleis-ekwivalent, 40% vleis en 30% vet word in braaiwors toegelaat.
Lees die volledige gepubliseerde regulasies hier:
https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202208/46789reg11478gon2410.pdf
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



