Pynappel-yskastert

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie maklike pynappelyskastert is perfek vir dae wanneer jou familie kom kuier en jy moet nagereg maak.

1 blikkie ingedampte melk BAIE koud (Ideal-melk) verkoel oornag in yskas.
2 pakkies jellie (pynappel- of suurlemoengeur)
1 groterige blik fyn pynappel
2 pakkies Tennis-beskuitjies

METODE:
1. Maak die twee pakkies jellie aan met 1 koppie kookwater. Sit eenkant dat dit afkoel (nie in yskas nie).
2. Klits die Ideal-melk styf en vou die fyn pynappel in.
3. Wanneer die jellie afgekoel is, voeg dit ook by die Ideal-melk-en-pynappelmengsel, vou in.
4. Pak twee lae Tennis-beskuitjies op mekaar in ‘n vlak tertbak, verkieslik ‘n vierkantige bak.
5. Giet die pynappelmengsel daarin, sit dit in die yskas tot dit gestol het.

Bron: Boerekos.com

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Maklike pannekoekresep