Stappers wat onlangs die berugte Mount Fuji in Japan uitgeklim het, was volgens GDN Online verras toe hulle ‘n Domino’s Pizza-afleweringspersoon in volle uniform, met ‘n termiese boks, daar opmerk.
Die ongewone afleweringspersoon was egter ‘n doodgewone kantoorwerker wat dit geniet om in verskillende afleweringsuniforms te stap en berg te klim.
Umanami Fotoshi trek blykbaar gereeld dié uniforms aan en pak sy toerusting vir stap of bergklim in die afleweringsakke wat hy saamdra.
Volgens Fotoshi se Yamap-sosialemediaplatform hou hy daarvan om die een te wees om verrassings en glimlagte uit te deel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



