‘n Man wat slange en akkedisse in sy broek weggesteek het om hulle by die VSA in te smokkel, het skuldig gepleit op twee aanklagtes van smokkelary en een van handel in wild. Sy straf kan dekades in die tronk wees.
Jose Manuel Perez het erken dat hy omtrent 1 700 diere vanaf Mexico en Hong Kong na die VSA help smokkel het in die laaste ses jaar.
Hy is in Maart gevang nadat hy uit Mexico probeer ry het met 60 diere in sy klere, insluitend in sy broek, versteek.
Hy het eers gelieg en gesê hy het sy troetelakkedisse in sy sakke, maar doeanebeamptes het die 60 diere ontdek en hy is in hegtenis geneem.
Drie van die diere was dood.
Perez sal op 1 Desember gevonnis word.
Bronne: eNCA, ECR, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



