Meghan Markle het tydens haar eerste Archetypes podcast Serena Williams vertel hoe daar glo ‘n brand in Archie se slaapkamer ontstaan het toe hulle in 2019 op ‘n koninklike toer in Suid-Afrika was.
Sy vertel sy en prins Harry was in 2019 in die Nyanga-township vir ‘n amptelike afspraak terwyl Archie (toe vier maande oud) deur die werkers opgepas is.
Hulle het glo van die brand uitgevind toe hulle in die motor klim en het na die plek waar Archie opgepas is, gejaag. Hulle is meegedeel ‘n verwarmer in die kamer het die brand veroorsaak. Gelukkig was Archie by sy oppasser en nie in die kamer nie.
Meghan het gesê hulle moes voortgaan met die toer, selfs na die skok wat hulle ervaar het.
Bronne: IOL, Toronto Sun, Yahoo
Lees ook: Bachelor SA-ster Lee Thompson glo weer in rehabilitasiesentrum



