Het jy geweet dat te min slaap kan lei tot selfsugtige gedrag? Volgens nuwe navorsing wat deur die PLOS Biology gedoen is, kan die hoeveelheid slaap wat jy kry, ‘n groot invloed hê op jou bereidwilligheid om ander te help.
Navorsers van die Universiteit van Kalifornië het drie studies in Amerika voltooi om die “selfsugtige” effek te toets. Hulle het die neurologiese aktiwiteit in jou brein die invloed op hoe bereid jy is om mense te help, nagevors.
“Selfs net ‘n uur se minder slaap is meer as genoeg om die keuse om iemand te help, te beïnvloed,” sê Ben Simon van die Center for Human Sleep Science by die universiteit.
Die navorsers het opgelet donasies het tussen 2001 en 2016 met 10% verminder in plekke waar mense minder geslaap het.
“Slapeloosheid affekteer hoe ons as sosiale, emosionele wesens optree.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



