Die Nasionalle Seereddingsinstituut (NSRI) het verduidelik hoekom die liggaam van die alleenvaarder Darrol Hansen (60) op sy sinkende boot, Panacea, gelos is.
Hansen het die Kaapstad-hawe op 12 Augustus verlaat op pad Mosselbaai toe. Na ‘n soektog van twee dae na hom en sy boot is hy dood op sy boot, die Panacea, gekry.
‘n NSRI-woordvoerder het gesê die NSRI wou die boot insleep nadat hulle Hansen se liggaam ontdek het, maar hulle is aangesê om die boot en liggaam net so te los sodat ‘n ondersoek op Stilbaai gedoen kan word.
Breede Rescuer is gestuur om die boot in te sleep, maar daar is besef die boot was beskadig en besig om te sink. Hulle het dit probeer insleep, maar die boot het nog water ingeneem en gesink.
Bronne: Algoa FM, Mossel Bay Advertiser
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: EFF dreig om Pick n Pay-winkels te sluit



