Hier is ‘n maklike resep vir ‘n heerlike hoenderpastei met slap deeg.
Bestanddele:
Gevlokte hoender (om en by 5 dye)
1 groot ui, gekap
1 k veggie mix
1 pakkie Chicken a la King (of 1 pakkie sampioensop of hoenderroomsop)
1 k melk
knoffelvlokkies, sout en peper na smaak
Metode:
Braai uie en voeg gevlokte hoender by.
Voeg die veggie mix, speserye en die Chicken a la King of soppoeier aangemaak met melk, by.
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik, voeg nog melk by.
Skep in gesmeerde bak uit.
Maak die slap degie aan en skep bo-oor hoendermengsel.
Bestanddele vir slap deeg
125 ml olie
125 ml melk
190 ml bruismeel (of 190 ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slap deeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 °C vir ongeveer 20/25/30 min. tot gaar en goudbruin.
Bron: Lisa Venter, My Geheime Resepte, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



