KFC het gesê hulle het vir die eerste keer in 2019 verslae oor ‘n vals voedselinspekteur ontvang wat gratis kos by hulle restaurante regoor Suid-Afrika eet.
Hulle het eers geglo dit is maar ‘n opgemaakte storie, maar die gerug is deur sosiale media versprei en dit het veroorsaak dat soortgelyke stories van nog sulke “voedselinspekteurs” uitgekom het.
KFC het besluit om ‘n privaat speurder aan te stel om uit te vind of daar iemand is wat homself voordoen as ‘n voedselinspekteur om gratis etes te ontvang en om die persoon te vang as hy bestaan.
Bronne: Times LIVE, The Daily Dispatch, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man aangekla van moord op bokskampioen Tyson Fury se neef



