Die polisie in die VK het Dinsdag ‘n hawelose man van die moord op bokskampioen Tyson Fury se neef aangekla.
Liam O’Prey (21) sal na verwagting Woensdag in die Manchester-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op Rico Burton (31).
Rico Burton is vroeg Sondagoggend buite ‘n kroeg in Altrincham doodgesteek.
Nog ‘n man is vir die moord gearresteer, maar is op borgtog vrygelaat.
Bronne: IOL, The Guardian, Wales Online
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



