KYK: Man vas wat baba in Alberton-winkel probeer ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

’n Saak van poging tot ontvoering is by die Brackendowns-polisie in Alberton geopen nadat ’n man op ’n kringtelevisiekamera vasgevang is waar hy ’n agt maande oue baba uit ’n ma se inkopiewa neem.

Die video is die afgelope paar dae wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het op 21 Augustus omstreeks 10:30 by ‘n plaaslike kruidenierswinkel plaasgevind.

Op die video kan mens sien hoe die man, wat na bewering ‘n werknemer by die winkel is, na die troillie toe stap en die baba optel en wegstap terwyl die ma besig is om in die yskas te kyk.

Sekondes later, toe die ma na die trollie draai, besef sy haar baba is weg. Sy gooi alles neer en hardloop agter die man aan wat haar baba dra.

Adjudant-offisier Gerhard Cornelius van Brackendowns SAPD bevestig dat ‘n 43-jarige man gister in hegtenis geneem is vir poging tot ontvoering.

“Die saak word ondersoek,” sê Cornelius.