Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir Gesondheid in Limpopo, het haar in ‘n video uitgespreek teenoor ‘n pasiënt van Zimbabwe wat in die Bela-Bela-staatshospitaal opgeneem is.
“Jy is veronderstel om by president Mnangagwa te wees, sover gee hy my nie geld om op julle te opereer nie. Nou moet ek julle opereer met my beperkte begroting.”
Julius Malema van die EFF het ook die video op sosiale media gedeel en gereageer deur te sê: “Hoe kan sy die arme vrou dit vertel?”
In die video noem Ramathuba statistieke oor haar provinsie se begroting en sê dat sy nie haar eie mense in Limpopo kan versorg nie, omdat sy president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe se pasiënte moet versorg.
Die video is intussen ook op die ZimDaily en BBC Zimbabwe-blad gedeel en is regoor sosiale media te sien.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



