Nasionale stilstand is wettig maar sonder salaris

Deel hierdie storie / Share this story

Die National Employers Association of South Africa (Neasa) het gesê die nasionale stilstand wat vir vandag beplan is, is wettig, maar die “no work, no pay” reël geld steeds.

Noodsaaklike werkers mag nie tydens werksure deelneem aan die stakings nie. Hulle gaan ook nie verlof kan insit om te gaan staak nie. As hulle deelneem aan die staking, gaan hulle ‘n waarskuwing oor wangedrag op hulle rekords kry.

Verskeie unies is van plan om vandag te staak oor stygende lewenskostes, werkloosheid, petrolpryse, beurtkrag en misdaad.

Bronne: eNCA, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nasionale stilstand kan lei tot werksverlies – Mashaba