Die vermoorde tweejarige, Chevonne Rusch, se ma, Rochelle Botha, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Volgens kol. Dimakatso Sello, word Botha van moord aangekla.
Botha se verloofde, Stefan van Niekerk, is in Mei in hegtenis geneem vir die moord op Rusch. Hy is sedertdien in aanhouding.

Fotokrediet: Facebook
Botha was glo bewus van die aanranding en mishandeling teenoor Rusch.
Die polisie is op 11 Mei 2022 na die Wannenburg-kliniek in Ekurhuleni ontbied waarheen Rusch deur Van Niekerk na die kliniek geneem is en net daar gelaat is. Sy is dood verklaar.
Rusch was in ‘n kombers toegedraai en het verskeie kneusplekke gehad.
Van Niekerk het glo gesê sy het by die huis siek geraak.
Volgens sers. Lillian Modiga, woordvoerder van Bedfordview-polisiestasie, was Rusch se mond vol bloed en het sy ‘n kneusplek agter aan haar kop gehad, asook kneusplekke aan haar lyf.




