Volgens die polisie is ‘n Australiese man oorlede nadat die kangaroe wat hy as ‘n troeteldier aangehou het, hom aangeval het.
‘n Familielid het die 77-jarige man op Maandag met ernstige beserings gevind. Toe paramedici op die toneel aankom, het die kangaroe dit vir hulle moeilik gemaak om die man te behandel.
Die polisie moes die kangaroe doodskiet. Die man is op die toneel oorlede.
‘n Polisiewoordvoerder het gesê hulle glo die kangaroe het die man aangeval.
Bronne: BBC, NY Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Arthur Gqeba se familie sê glo DA het skietery gereël



