Die familie van Arthur Gqeba, ANC-raadslid van Saldanhabaai, het glo gesê lede van die DA was verantwoordelik vir die skietery vroeër die maand.
Arthur Gqeba is vroeër die maand agt keer geskiet toe hy ‘n raadsvergadering verlaat het. Hy herstel tans in ‘n hospitaal. Gqeba het glo doosdreigemente gekry voor hy geskiet is.
Sy familie glo hy was van plan om die fluitjie te blaas oor politici wat in ‘n behuisingskandaal betrokke was.
Hulle het ook beweer Gqeba het geweet hy is in gevaar toe sy privaat sekuriteit weggeneem is.
Bronne: EWN, News 365
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ANC-raadslid, Arthur Gqeba, herstel in hospitaal na koeëlreën



