“Sing in Harmonie is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan televisie-blootstelling.”
Die kore moes reeds voor of op 1 Februarie 2022 met ‘n amptelike inskrywing aandui of hulle aan hierdie jaar se kompetisie wou deelneem.
Hierdie seisoen het 26 televisie-opnames gehad en ongeveer 10 000 koorlede, jonk en ouer, is betrek. Die optredes word weekliks op Via, kanaal 147 op DSTV uitgesaai.
120 verskillende laer- en hoërskole se koorlede uit agt provinsies het deelgeneem.
Ongeveer 2 000 oudisies is gedoen om uiteindelik die koorlede vir die Sing in Harmonie Nasionale Kinderkoor te kon kies.
Die senior koor bestaan uit 130 lede en die junior koor uit 50 lede.
“Hulle eerste optrede was verlede naweek saam met Leah in Pretoria voor ‘n gehoor van 800. Die koor is slegs vier maande oud en is tans die enigste nasionale koor in die land.”





“Koorlede vlieg een keer ‘n maand saam met koorleiers van die Wes-Kaap na Gauteng om kooroefeninge by te woon, die ander oefensessies is aanlyn” sê Anthonie Bougas, vervaardiger en eienaar van ABS Produksies waaronder die koor val.
Op 12 November tree die koor saam met Juanita du Plessis by die Woodhill College Auditorium in Pretoria op.
Daar is verder ‘n vooruitsig vir ‘n Kersaand-optrede wat op die Via-kanaal 147 op DSTV uitgesaai sal word.
Asof dit nie genoeg opwinding is nie, word moontlike deelname vir die senior koor aan Europa se koorfeeste beoog.




Die junior koor sal ook moontlik buite die landsgrense optree, maar wel nader aan Suid-Afrika.
Meer nuus om na uit te sien, is dat ‘n meisieskoor eersdaags saamgestel gaan word.
Die koorlede word deur die volgende persone afgerig en na omgesien:


Hulpafrigters :
Phillip Kotze
Lizl Gaffley
Karen de Goede
Begeleier: Madri Gerber
Koorleier: Karina Erasmus
Geskep deur Anthonie Bougas
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.