Koningin Elizabeth se kis in Balmoral-danssaal dat personeel kan afskeid neem

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin Elizabeth se kis is nou in die Balmoral-danssaal geplaas sodat personeel van haar kan afskeid neem voor sy na Londen teruggeneem sal word.

Koningin Elizabeth het as jong meisie in dié saal gedans en later spesiale oomblikke met Prins Philip gedeel.

Haar kis sal nou vir twee dae daar wees voor dit na die Holyrood House-paleis geneem sal word.

Die koningin het as 12-jarige in dié danssaal by die Ghillies Ball as ‘n prinses gedans, ‘n bal wat sy oor die jare heen gereeld bygewoon het.

Dié jaarlikse bal is sedert die 1852 ‘n tradisie wat deur koningin Victoria en prins Albert begin is om personeel te bedank vir hulle harde werk.

Haar begrafnis sal op 19 September plaasvind.