Marno Muller (5) weer in die hospitaal opgeneem

Deel hierdie storie / Share this story

Die vyfjarige Marno Muller wat in Mei vanjaar by die skool aan sy baadjie se toutjies gewurg het, is Vrydagmiddag weer in die hospitaal opgeneem.

Helga Muller, Marno se ma, het aan FiND iT bevestig klein Marno is in die hospitaal opgeneem met gastroënteritis.

Sy sê Marno is in geweldige pyn en bewe verskriklik. “Hy is vreeslik pap, sy magie spoel en hy bring op,” sê ‘n bekommerde Helga.

“Ek is die hele tyd by hom.”

Sy sê die hospitaal in Brakpan waar Marno nou opgeneem is, het ‘n betaling van R50 000 geëis om Marno op te neem. “Gelukkig was daar nog van die geld in die Back A Buddy-rekening oor wat ons kon gebruik om hom te laat opneem.”

FiND iT hou jou op hoogte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel