Paaie is gesluit en versperrings word in die Skotse hoofstad, Edinburgh, opgerig vir die koms van koningin Elizabeth se kis die naweek.
Die kis sal na verwagting Sondag van die Balmoral-kasteel, waar sy gesterf het, na die Palace of Holyroodhouse in Edinburgh verskuif word.
Hierna sal lede van die publiek toegelaat word om verby die kis in St Giles-katedraal in die Skotse hoofstad te loop, voordat dit Dinsdag na Londen geneem sal word.
FiND iT is jou daaglikse aanlyn koerant. Gaan na www.find-it.co.za om jou daaglikse nuus te ontvang. Jy kan ook by FiND iT adverteer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



