Die smaak van dié gereg is uit ‘n ander wêreld!
BENODIGHEDE:
1 ui, gekap
pakkie sampioene in skywe gesny
2 blikkies gerookte mossels
koppie gerasperde cheddarkaas
3 eiers
4 e botter of 2e botter en 2e van die mosselolie
125 ml melk
1 t mosterdpoeier
1 e koekmeel
1 t Aromat
swartpeper na smaak
rooipeper na smaak
MAAK SO:
Voorverhit die oond teen 180 °C.
Braai uie in botter tot deurskynend, voeg sampioene by en braai liggies, haal af
van die plaat.
Voeg die gerookte mossels by met so 2 t van die mosselolie.
Voeg gerasperde kaas en rooipeper na smaak by, roer liggies saam en giet in gesmeerde oondvaste bak.
In ‘n lekker groot mengbak, klits die eiers, melk, mosterdpoeier, koekmeel, Aromat en peper saam. Maak seker dis goed gemeng.
Gooi melkmengsel stadig oor mosselmengsel in tertbak.
Bak teen 180 °C vir 30 min. of tot gestol en mooi bruin.
Bron: Resepte en Wenke.
Lekker Resepte vir die Jongergeslag, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



