Die polisie in Melbourne het 200 passasiers na landing van ‘n vliegtuig af begelei omdat ten minste een passasier nie deur sekuriteit gegaan het voordat hulle aan boord gegaan het nie.
Die passasiers aan boord van die Qantas vlug QF487 vanaf Sydney na Melbourne moes Woensdag na landing omtrent 15 minute op die vliegtuig en in ‘n sitkamer bly voordat die polisie hulle na die aankomssaal gelei het.
Die passasiers is eers weer deursoek deur sekuriteit en toe is hulle toegelaat om die lughawe te verlaat.
Die passasier het gesê daar was nie sekuriteit by die lughawe waar hy was nie. Gewoonlik sou sulke passasiers dan deur Sydney-lughawe se sekuriteit moet gaan, maar die betrokke passasier het nie.
Hy het gesê hy was een van tussen 40 en 60 passasiers wat dit gedoen het.
Bronne: Business Insider, Sky News
Lees ook: Vlieënier dreig om vliegtuig om te draai oor kaalfoto’s
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.




