Skoolhoof doodgeskiet toe hy onderwyser probeer beskerm

Deel hierdie storie / Share this story

Die skoolhoof van die Sekondêre Skool Msunduzi is doodgeskiet toe die woedende man van een van die onderwysers met ‘n geweer by die skool opgedaag het.

Bongani Sibiya het ‘n woedende man van een van die skool se onderwysers in die ontvangsarea gekeer toe hy die skool probeer binnegaan het op soek na sy vrou.

Die man het ‘n geweer by hom gehad, want hy wou glo sy vrou skiet. Sibiya het hom gekeer en is toe verskeie kere geskiet voordat die man op die vlug geslaan het. Sibiya het later aan sy beserings beswyk.

‘n Saak van moord is by die Pietermaritzburg-polisiestasie oopgemaak.

Bronne: Capital Newspapers, Daily Sun, IOL

Lees ook: Man na sy dood gelok op Facebook Marketplace