Vlieënier dreig om vliegtuig om te draai oor kaalfoto’s

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vlieënier van Southwest Airlines het gedreig om ‘n vlug na Cabo om te draai toe hy uitvind ‘n anonieme passasier het kaalfoto’s vir ander passasiers deur AirDrop gestuur.

‘n Video van die vlieënier wat die passasiers toespreek het op sosiale media versprei. In die video dreig hy om die vliegtuig om te draai en sekuriteitspersoneel op die lughawe te roep.

Baie mense het gespot oor die video en gesê die vlieënier klink soos ‘n kwaai ouer wat met sy kinders raas.

Bronne: ECR, The Daily Beast, Newsweek

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Twee Air France-vlieëniers geskors oor baklei in middel van vlug