Reddingswerkers vermy krokodille en seekoeie om liggaam te kry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Soek-en-reddingspan van die polisie op Riatvi moes seekoeie en krokodille vermy om die liggaam van ‘n persoon wat verdrink het, te vind.

Polisiewoordvoerder  Mamphaswa Seabi het gesê die man wat verdrink het en sy kollega was besig om nette, wat gebruik is vir onwettige visvang, op te trek in ‘n kano toe ‘n krokodil in een van die nette vasgesit het.

Hulle het probeer om die krokodil los te kry, maar hulle kano het omgeval. Die kollega kon na veiligheid swem, maar Guidance Manganye het verdrink.

Dit het reddingswerkers ure geneem voor hulle sy liggaam kon uitkry.

Bronne: Algoa FM, News24

Lees ook: Amerikaanse toeris deur haai in Bahamas gedood

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel