Volgens plaaslike owerhede is ‘n Amerikaanse toeris deur ‘n haai doodgemaak toe sy naby die Bahamas gesnorkel het.
Die vrou (58) was ‘n passasier op ‘n Amerikaanse plesiervaartskip en het naby Green Cay gesnorkel toe sy deur ‘n haai aangeval is. Volgens haar familie is sy deur ‘n bulhaai (bull shark) aangeval.
Werknemers van die skip en haar familie het gesien hoe sy aangeval word en kon haar uit die water trek. Sy het glo wonde aan haar bolyf gehad.
Sy is deur owerhede dood verklaar nadat sy uit die water getrek is.
Bronne: BBC, Huffington Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Tweede verdagte in Kanadese messteekaanval sterf na arrestasie



