Myles Sanderson, die tweede verdagte van ‘n messteekaanval in Kanada, waarin 10 mense dood en 19 beseer is, is oorlede kort nadat hy deur die polisie gearresteer is.
Die polisie het gesê Sanderson het “mediese nood” ervaar toe hy gearresteer is na ‘n hoëspoed-jaagtog en is later oorlede.
Geen besonderhede is gegee nie, maar ‘n bron het glo gesê Sanderson is aan selftoegediende beserings oorlede.
Dit is nie duidelik wat gelei het tot Sondag se massamoorde wat 13 afsonderlike misdaadtonele beslaan het nie. Albei verdagtes – Myles Sanderson en sy broer Damien (31) – is dood.
Sanderson se broer Damien se liggaam is Maandag gevind en polisie ondersoek nou die moontlikheid dat Sanderson hom doodgemaak het.
Myles Sanderson was voorheen in die tronk vir gewelddadige misdade en ondersoek gaan ingestel word om vas te stel hoekom hy op parool vrygelaat is.
Parooldokumente wys hy het ‘n dekade lange kriminele rekord gehad, insluitend 59 kriminele skuldigbevindings sedert hy 18 was vir aanranding, dreigemente en roof.
Bronne: BBC, Euronews
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Verdagte in Kanada se massa-mesaanval se liggaam gevind



