Verdagte in Kanada se massa-mesaanval se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kanadese polisie het die liggaam van een van die verdagtes wat vermoedelik deel was van ‘n massa-mesaanval in Saskatchewan gevind.

Tien mense is in die aanval dood en 18 is beseer. Die polisie moes 13 verskillende misdaadtonele ondersoek.

‘n Polisieman het gesê Damien Sanderson se beserings het nie gelyk of hy dit aan homself toegedien het nie, maar geen besonderhede is verder gegee nie.

Sy liggaam is by die James Smith Cree Nation, die gemeenskap waar die meeste van die slagoffers gebly het, gevind.

Sy broer, Myles Sanderson, is steeds op vlug en mag dalk ook beseer wees en op soek na mediese behandeling. Mense is gewaarsku dat hy groot en gevaarlik is.

Bronne: BBC, Huffington Post, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Armie Hammer-aanklaer kritiseer dokumentêre rolprentvervaardigers