Kubersekuriteitsnavorsers het Maandag gesê hulle het moontlik ‘n data-inbraak (data breach) in die videotoep TikTok, wat glo tot 2 biljoen gebruikerrekords betrek, ontdek het.
Verskeie kuberveiligheidontleders het op Twitter oor hulle ontdekking van die hack getwiet. Hulle het ook gesê ‘n kode is van die TikTok backend af gesteel en dit is vir hulle gestuur.
‘n TikTok-woordvoerder het gesê hulle sekuriteitspan is besig om die aantygings van die kuberkraking te ondersoek, maar die kode wat glo gesteel is, het geen verband met TikTok nie.
Mense met TikTok op hulle fone word aangeraai om hulle wagwoorde te verander en twee-faktor-verifikasie te aktiveer.
Bronne: IOL, Forbes, Tech Shout
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: F*** jou gyselaarvideo – Chris Rock



