Chris Rock het gesê Will Smith se video waarin hy om verskoning vra oor wat by die Oscars gebeur het, is ’n “gyselaarvideo”.
Rock het die stelling gemaak tydens een van sy en Dave Chappelle se optredes Saterdag in Londen waar Chapelle hom daaroor gevra het en Rock gesê het: “F*** jou gyselaarvideo”.
Rock het ook gesê Smith het vir 30 jaar gemaak of hy die perfekte man is, maar hy het nou sy ware kleure gewys en hy is “net so lelik soos die res van ons”.
Smith het Rock vroeër die jaar by die Oscars geslaan nadat Rock a grap oor Jada Pinkett Smith se kaalkop gemaak het.
Bronne: IOL, Perth Now, Shower Daily
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



