Chris Rock het glo geweier om weer die Oscars in 2023 aan te bied en het geïmpliseer die rede vir sy weiering is dat hy getraumatiseer is deur Will Smith se klap.
Rock het by ‘n stand-up-optrede in Arizona se Financial Theatre opgetree toe hy bekendgemaak het hy het die geleentheid om weer die 2023-Oscars aan te bied van die hand gewys.
Rock het glo gesê om terug te keer na die Oscars sal wees soos om terug te keer na ‘n misdaadtoneel en hy het dit glo vergelyk met die moord op Nicole Brown Simpson.
Smith het Rock om verskoning gevra, maar Rock het nog nie daarop reageer nie.
Bronne: IOL, Daily Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Ek is verskriklik berouvol’: Will Smith vra om verskoning oor Oscars-klap



