TikTok-ster sterf na valskermongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n TikTok-ster en voormalige Mej. Kanada semi-finalis is oorlede nadat sy tydens haar eerste solosprong haar valskerm te laat oopgemaak het.

Tanya Pardazi het besluit om ‘n valskermkursus te neem by Skydive Toronto in Ontario, Kanada.
Skydive Toronto het gesê hulle sal hul samewerking aan die polisie gee.

Pardazi se volgelinge het op haar TikTok-rekening boodskappe van meegevoel gelos.

Sy was ‘n filosofiestudent aan die Universiteit van Toronto en het in 2017 aan die Miss Canada-skoonheidskompetisie deelgeneem.

Bronne: Business Insider, Fox News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: F*** jou gyselaarvideo – Chris Rock