Zandile Mafe, beskuldig daarvan dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het, het weereens geweier om in die hof te verskyn.
Mafe was veronderstel om Vrydag in die hof te wees vir die voorverhoorkonferensie, maar hy het glo geweier om sy sel te verlaat dus het die verrigtinge weer sonder hom voortgegaan.
Mafe se prokureur het sy eise vir ‘n ketel om koffie te maak, warm water om te bad en ‘n televisie en radio met die hof gedeel. ‘n Radio is vir hom gegee.
Op 12 Augustus het sy prokureur gesê hy is op ‘n hongerstaking, maar hierdie keer het hy gesê hy weet nie of dit waar is nie en dat hy met sy kliënt sal praat.
Die saak is tot 4 November vir die voorverhoor uitgestel.
Bronne: IOL, Daily Voice
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



