Die vrou, slegs bekend as Effie, wat Armie Hammer van verkragting beskuldig, het gesê die vervaardigers van die House of Hammer-dokumentêr “buit haar trauma uit”.
Sy het gesê die dokumenter is “onvanpas” want dit gaan meer skade aan die Lone Ranger-akteur se slagoffers aanrig as wat dit hulle gaan help.
Effie is glo gevra vir ‘n onderhoud vir die dokumenêr genader, maar sy het geweier en gesê hulle probeer haar “trauma uitbuit”.
Die vervaardigers het aangedring om voort te gaan met die dokumentêr, want “iemand moet die storie vertel”.
Die vervaardigers het skermgrepe van Effie se Instagram-blad in hulle dokumentêr gebruik.
Bronne: IOL, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Armie Hammer het glo vir vrou gesê hy is ‘100% ‘n kannibaal’



