Leerlinge beseer en een dood toe bus hulle omry

Deel hierdie storie / Share this story

Agt leerlinge van die Sekondêre Skool Dinokaneng in Vanderbijlpark was Woensdagoggend in ‘n ongeluk by die skool betrokke.

Een leerling is oorlede, drie leerlinge is in die hospitaal opgeneem vir behandeling en vier ander het beserings opgedoen.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê die voorval het by die skool se koshuis-optelpunt plaasgevind. Die skoolbus het die leerlinge omgery toe hulle by die bus wou inklim.

Die polisie ondersoek die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel