‘n Vrou is in hegtenis geneem na sy met ‘n vierjarige dogtertjie in ‘n winkelsentrum weggeloop het en vir die ma gesê het: “Net omdat sy joune is, beteken nie ek kan haar nie vat nie”.
Die Daily Mail berig die voorval het Maandag in ‘n Walmart-winkelsentrum in Texas plaasgevind toe die 28-jarige ma saam met haar twee dogtertjies inkopies gedoen het.
Jessica Vega (35) het glo na die winkeltrollie geloop, die ouer dogtertjie se hande van die trollie afgehaal en bloot met die trollie weggeloop.
Die ma het Vega konfronteer, maar Vega wou nie die dogtertjie teruggee nie.
Plaaslike polisie sê verskeie klante in die winkel het ingetree om die pa te help en Vega het probeer vlug. Die polisie het haar glo later weer in hegtenis geneem. – Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



