‘n Voormalige polisiebeampte is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis na hy vir 17 jaar lank vuurwapens by die polisie gesteel het.
Adj.-off. Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder, sê Danie Reynecke (63) is in die Durbanse streekhof gevonnis op aanklagte van diefstal van vuurwapens, onwettige besit van ammunisie, onwettige besit van plofstof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
Reynecke, ‘n voormalige lid van die Valke in KwaZulu-Natal, het die misdade tussen 1997 en 2014 gepleeg.
Hy is in hegtenis geneem na die nou afgetrede kol. Herbie Heap die saak ondersoek het.
Reynecke het vuurwapens by die polisiestasie uitgeboek en aangemeld dat hy die wapens vir ballistiese toetse neem. Hy het nooit die vuurwapens teruggeneem nie.
Hy is in Julie 2018 in hegtenis geneem en op waarskuwing vrygelaat.
In Junie vanjaar is hy skuldig bevind, maar het weggehardloop voor hy gevonnis kon word.
Hy is egter weer in hegtenis geneem en sal nou 15 jaar agter tralies deurbring.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.




