Ná ‘n uitgerekte hofsaak van ongeveer ses jaar word Hansie Galloway, die vorige eienaar van Shadow’s Pub & Grill in Kimberley, vandag gevonnis.
Galloway is skuldig bevind op twee aanklagte van seksuele aanranding van ‘n (toe) vyfjarige meisie in 2014 en 2015.
Galloway het onskuldig gepleit op die aanklagte.
Hy was ten tye van die voorval met die minderjarige se ma in ‘n verhouding.
Nadat die eerste voorval in Oktober 2014 gebeur het, het die slagoffer se tannie ‘n saak by die polisie gaan maak.
Die voorvalle het in Douglas plaasgevind waar die minderjarige en haar ma saam met Galloway gewoon het.



