Ma hou ‘sataniese’ verjaardag vir eenjarige

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma word op sosiale media veroordeel en daarvan beskuldig dat sy vir haar eenjarige dogtertjie ‘n sataniese verjaardagpartytjie gehou het.

Janeth Zapata van Mexico het ‘n video op TikTok gedeel van haar dogtertjie in ‘n swart uitrusting by haar verjaardagpartytjie.

Die video, wat reeds deur meer as 2,4 miljoen mense gekyk is, wys ook van die dekor en versierings wat by die partytjie gebruik is.

Die partytjie is in Julie gehou.

Die tema was pienk en swart, en ‘n piñata wat ‘n Baphomet voorstel, is by die partytjie gebruik. ‘n Baphomet word gereeld in kultiese rituele gebruik.

Lilith het ook ‘n verjaardagkoek met ‘n pentagram op gehad.

Na vele negatiewe kommentaar op sosiale media het die ma geantwoord dat die partytjie nié satanies was nie.

Sy sê hulle gesin is nie sataniste nie en dat daar niks satanies by die partytjie was nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel