Dr. Pieter Mulder van die VF Plus sê in ‘n amptelike verklaring die party sal aanhou om teen die voorgestelde wetsontwerp te stem nadat al die klousules gister met ‘n ANC-meerderheid deur die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur goedgekeur is.
In die verklaring sê dr. Mulder die party sal alles in sy vermoë sal doen om te keer dat die wet finaal goedgekeur word, en die Grondwethof sal nader om die onteiening sonder vergoeding te keer.
Lees die volledige verlaring in Afrikaans en Engels hier:
Die VF Plus verwerp die Onteieningswetsontwerp wat die onteiening van onder meer grond sonder enige vergoeding moontlik sal maak en sal by elke geleentheid sy stem daarteen uitbring.
Al dié wetsontwerp se klousules is gisteroggend met ’n ANC-meerderheid in die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur goedgekeur.
Hierdie is ʼn poging van die ANC om die Onteieningswetsontwerp te gebruik vir onteiening sonder vergoeding.
Dit nadat hy verlede jaar in die nasionale vergadering (NV) nie die vereiste tweederde-meerderheidsteun kon kry om Artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.
Die VF Plus het lank reeds gesê hy sal dié wysigings beveg en die party is selfs bereid om Grondwethof toe te gaan om die wet te stuit.
Die VF Plus sal gesprek voer met alle partye wat teen die wet gekant is, aangesien daar ʼn tegniese bepaling is ingevolge waarvan die wetsontwerp eers na die Grondwethof verwys moet word indien ʼn derde van die parlementslede dit versoek.
Die Grondwethof moet dan bepaal of die beoogde wet grondwetlik is voordat die president dit kan afteken.
Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te verhinder dat die wet deurgevoer word. Onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en kan nie toegelaat word in Suid-Afrika nie.
Grondeienaarskap en die beskerming daarvan is juis een van die pilare van ʼn demokrasie en veral ʼn grondwetlike demokrasie.
– Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier
——————–
FF Plus will keep fighting against Expropriation Bill:
The FF Plus condemns the Expropriation Bill, which will make it possible to expropriate, among other things, land without any compensation, and will vote against it at every opportunity.
All the Bill’s clauses were adopted with an ANC majority in the Parliamentary Portfolio Committee on Public Works and Infrastructure this morning.
This is an attempt by the ANC to use the Expropriation Bill to carry out expropriation without compensation.
This is despite the fact that the ruling party failed to gain the required two-thirds support in the National Assembly (NA) last year to amend Section 25 of the Constitution to allow for expropriation without compensation.
The FF Plus has already made it clear that it strongly opposes these amendments, and the party is even willing to approach the Constitutional Court in a bid to stop the Bill.
The FF Plus will engage with all the parties opposed to the Bill seeing as there is a technical provision in terms of which a bill must first be referred to the Constitutional Court if a third of Members of Parliament request it.
Then the Constitutional Court must determine whether the proposed law is constitutional or not before the president can sign it.
The FF Plus will do everything in its power to prevent the Bill from being passed into law. Expropriation without compensation is unconstitutional, and must not be allowed in South Africa.
Landownership and the protection of that right is one of the pillars of a democracy, particularly a constitutional democracy.
– Dr. Pieter Groenewald, FF Plus leader
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



