Katie Price, ster van My Crazy Life, het verlede week op Celebrity SAS: Who Dares Wins vertel hoe sy in 2018 in Suid-Afrika tydens ‘n kaping voor haar kinders verkrag is.
Price, ‘n ma van vyf, het vertel hoe ses mans hulle aangeval het nadat hulle moes stop sodat haar seun toilet toe kon gaan. Sy het vertel hoe een van die aanvallers haar begin betas het terwyl hy op haar geskree het.
Sy het geen kriminele saak oopgemaak nie, want sy kon nie “die beproewing herleef nie”.
Die aanval het glo op die pad na Swaziland vanaf Johannesburg plaasgevind.
Bronne: IOL, The Sun, Entertainment Daily
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.
Lees ook: Nelson Mandela se kleinseun kritiseer Meghan Markle




