Meghan Markle het vroeër die week opslae gemaak na sy gesê het haar troue met Harry het net soveel vreugde in Suid-Afrika ontlok as Nelson Mandela se vrylating uit die tronk.
Zwelivelile “Mandla” Mandela het aangedring dat daar geen vergelyking tussen die twee gebeure is nie.
Hy het ook gesê as Meghan wil gesien word as iemand soos Mandela moet sy ‘n “kampioen en kampvegter” wees vir die sake wat hy bevorder het.
Markle het die kommentaar gemaak tydens ‘n onderhoud met The Cut waartydens sy gesê het hulle was by die première van die Lion King toe ‘n akteur haar voorgekeer het.
“Hy het na my gekyk … hy het gesê: ‘Ek wil net hê jy moet weet: toe jy in hierdie gesin getrou het, het ons in die strate gevier soos toe Mandela uit die tronk bevry is.’”
Bronne: IOL, Toronto Sun, Yahoo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Meghan Markle beweer Britse media noem haar kinders die n-woord



