Diego Maradona se spook draf glo by Dundee United-oefenveld

Deel hierdie storie / Share this story

Sokkeraanhangers is vas oortuig dat hulle Diego Maradona sien draf het by die Dundee United-oefenveld.

Mardona is in November 2020 op ouderdom 60 aan ‘n hartaanval oorlede, maar soos van so baie ander bekendes wat oorlede is, geglo word, is sommige mense nie oortuig van sy dood nie.

Tydens Liam Fox se onderhoud met Sky Sports Dinsdag was daar ‘n man in die agtergrond wat baie lyk soos Maradona, besig om te draf.

Die man het dieselfde haarstyl as Maradona en hardloop op dieselfde manier. Dit het sokkeraanhangers laat wonder of Maradona dalk nog lewe.

Bronne: Daily Star, The Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 500 000 jaar oue olifanttand in Israel opgegrawe