500 000 jaar oue olifanttand in Israel opgegrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Israeliese argeoloë het die volledige ivoortand van ‘n reuse- pre-historiese olifant opgegrawe.

Die tand is 2.6 meter lank en weeg omtrent 150 kilogram, dit is ook omtrent 500 000 jaar oud.

Die tand het aan ‘n palaeoloxodon antiques of reguit-tand olifant wat tot 5 meter lank sou wees, aansienlik groter as vandag se Afrika-olifante, behoort.

Die tand is in ‘n area gevind waar klipgereedskap en ander diere se oorskot gevind is. Argeoloë is onseker of dit beteken mense het die olifant gejag of het hulle dalk net sy tand gevat?

Bronne: DW-South Africa, The Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Droogte lê Nazi-wrakke van die Tweede Wêreldoorlog in Serwië bloot