Die slegste droogte in dekades in Serwië het Duitse slagskepe in die Donau-rivier blootgelê.
Die skepe is nog gelaai met ammunisie en het behoort aan die Nazi’s se Black Sea-vloot wat doelbewus deur die Duitsers gesink is toe hulle van Romenië gevlug het nadat die Sowjet-weermag te naby gekom het.
Die wrakke het riviervaart moelik gemaak en die besluit is onlangs geneem om die ammunisie te verwyder en die wrakke te vernietig.
Bronne: Euro News, Jew World Order, Lux Style
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Geraamte van groot dinosourus in Portugal opgegrawe



