Paleontoloë in Portugal het die gefossileerde geraamte van ‘n groot dinosourus in ‘n tuin opgegrawe.
Die paleontoloë vermoed dat dit ‘n sauropode was, ‘n herbivoor dinosourus wat 12 m hoog gestaan en 25 m lank was.
‘n Huiseienaar was in 2017 besig om in sy tuin te grawe toe hy die fossielfragmente ontdek en paleontoloë gekontak het wat vroeër vandeesmaand ‘n deel van die geraamte opgegrawe het.
Die sauropodes het lang nekke en sterte gehad en was van die grootste diere wat nog ooit geleef het.
Bronne: News24, eNCA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



