‘Ek sal die suurstofmasjien van ‘n buitelander afsit om ‘n Suid-Afrikaner te red’ – Gayton McKenzie

Deel hierdie storie / Share this story

Gayton McKenzie, van die Patriotic Alliance, het in ‘n onderhoud gesê hy sal nie sal huiwer om ‘n buitelander se suurstofmasjien af te sit om ‘n Suid-Afrikaner te red nie.

Dit volg slegs dae na Limpopo LUR Phophi Ramathuba met ‘n Zimbabwiese pasiënt baklei het en gesê het hulle oorlaai die gesondheidsorgstelsel.

McKenzie het gesê hy is gekritiseer vir sy standpunt, maar dat dit is wat hy van ‘n regering verwag.

Hy het die VSA as ‘n voorbeeld gebruik en gesê hy sou hulle nie blameer as hulle net Amerikaanse burgers ontruim het toe hulle Afghanistan verlaat het nie.

Bronne: eNCA, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Betogers keer dat buitelanders hospitaal besoek